Wêreld Geletterdheidsdag

Môre is Wêreld Geletterdheidsdag, aldus ‘n bespreking op SABC vanaand.  UNESCO het die 8ste September verklaar as International Literacy Day en dit word al sedert 1966 gevier.  So…hoe baie lees jy?  In die Kaap, gaan die dag gevier word met ‘n Readathon – ‘n marathon wat lang ure van lees behels.  Ek kan ure lank in ‘n Clive Cussler vasval en is ‘n versamelaar van formaat – so op my manier.  Min skrywers kan die geskiedenis en antieke motors saam verweef in ‘n lekker soetsappige James Bond-agtige avontuurlustige storie…dalk kom ek net nie by hulle uit nie.

Hoe dit ookal sy…Pluk gerus jou boek uit ter viering van hierdie dag…

http://www.numa.net/clive_cussler.html

http://www.taalmuseum.co.za/content.html

http://www.read.co.za/

Explore posts in the same categories: Afrikaans

Tags: ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

Comment: