om te ink of nie te ink nie

Ek wil ‘n tattoo hê…’n netjiese een, ‘n lynskets in dun, kunstige swart lyne. Ek krap al lank op die net rond vir prentjies van een…skoenlappers, my zodiac / sterreteken, my gunstelinghond – ‘n mopshond…Hoe kies jy een wat nie gaan verrimpel met die ouderdomsvette nie? Hoe weet jy dat jou simbool van vryheid nie die een of ander vloek uitspreek in die een of ander taal of een of ander sekte nie? Ghmm…sal maar net moet probeer…

Wat sal jy laat “ink” as jy moes kies? Wat van ‘n Angelina Jolie skilderdoek?

Explore posts in the same categories: Afrikaans, Uncategorized

Tags: , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

11 Comments on “om te ink of nie te ink nie”

  1. Die Brein Says:

    Ja tatoos wat nie oordoen is en nie onooglik is nie, lyk mooi op vroue se kruis, lies en natuurlik boobs.

    As jy wil ink , ink!

    Lekker aand.

  2. Neil Kroese Says:

    ek dink jy moet konsentreer op wat dit vir jou beteken en vergeet wat ander daarvan dink….is after all jou lyf en jou besluit? :-)

  3. Neil Kroese Says:

    nee ek is weer een vir enkel, voet kruis of blad

  4. Nico Says:

    Ek wil vir my graag ‘n Manta Ray op my rug, so oor my skouers, laat aanbring… een van my kunstige vriendinne is reeds besig met die ontwerp.

    Ek wonder dikwels – ek dink mens gaan noodwendig spyt wees oor daai tattoo. Ek wonder of dit erger gaan wees op jou oudag om jammer te wees dat jy hom gekry het, of dat jy hom nie gekry het nie…

  5. cebella Says:

    solank die ontwerp netjies is sal ‘n mens seker nooit moeg raak vir die prentjie nie :wink:


  6. hi ek het nou ‘n paar van jou inskrywings geniet. en toe vang die ene my oog. mmmm.
    ek is 35 jaar oud en sit met ‘n tattoe wat ek laat doen het toe ek 22 was. as ek weer moes kies? sou ek dit nie laat doen het nie. ek het nou meer verstand.

    probleem is: na ‘n paar jaar lyk hulle nie meer so mooi nie. en ‘n mens verander oor hoe jy oor dinge voel.

    as jy steeds een wil kry, steek hom weg, ver weg onder die klere, net vir ingeval jy eendag gatvol raak.

  7. cebella Says:

    ooo kwit! Ek sal maar eers nog ‘n bietjie wag. Ek is 29 en dalk vang die amper-oor-die-muur-vrees my effe. My buurvrou is al diep in die 50’s en het gister met ‘n T-hemp geloop – toe sien ek ‘n tattoo op die binnekant van haar voorarm – so ‘n lynskets van ‘n skoenlapper. Mooi, maar vreemd op ‘n tannie! :lol:

  8. murphmuurprop Says:

    Dit is hoekom die keuse van ewigheidswaarde moet wees! Ek het 2 tat’s – Nie groot nie. Een skrif (Prov 3:5&6) op my linker gewrig en my dogter se naam in my binne bo-arm. Iets wat vir my in die lewe iets beteken. Ek sal nie sommer iets uit ‘n boek laat opsit nie, maar dis nou maar net ek!

    Soos jy goed dink…

    Groetnis,
    Murph

  9. cebella Says:

    hi Murph…Ek het pas vir Wanted met Angelina Jolie klaar gekyk – die een waaruit die foto hierbo kom. Bietjie baie tattoo’s op daai girl. Ek dink nog aan ‘n tjappie…:wink:

  10. boervrou Says:

    Ek wil sooooo graag ‘n tattoo he, ok en ek weet wat ek nou gaan se is corny maar ek wil graag my man se naam op my ring vinger laat tattoo. Dis nie dat my trouring gaga is nie, hys nice.MAAAAAAR ‘n tattoo is permanent en dis lekker om te weet niemand kan dit by jou steel nie! En ek dink dis soort van kinky….

  11. cebella Says:

    :lol: dis cool man…mens moet net pasop vir ‘n Dirk Prinsloo-tipe tattoo wat lui: Dirk se *&^% op delikate plekke! Ek dreig al lank om iets “anders” te doen en het vandag vir die eerste keer in my lewe van brunette na blond gegaan! Dalk is dit ‘n begin van ‘n ding :wink:


Comment: