Sponge Bob en Gummi Bears
Ek snuffel netnou op die indeksblad en sien toe Boendoe se prentjie van Sponge Bob Square Pants.
Ek moes onlangs deelneem aan een van daai spanbou praatjies waar jy jou naam moes gat maak”ter wille van”… nie net moes jy met ‘n gekompliseerde kreet antwoord op die aanbieder se treinfluit nie, maar moes ons ook ‘n kielie-mekaar-hier-en-kielie-mekaar-daar-Sponge Bob dans doen…en ek was die gelukkige wenner van ‘n dansie met die baas! AAKLIG!!!
Anyhoo…Ek was nog altyd mal oor die kleurvolle televisiestories…die fasinasie met kinderstories kom al ‘n lang pad…was kleindag mal oor die Gummi Bears en al die cute ou gedroggies met hul vriendelike gesiggies…wens ek kon vandag weer al daai magic Berry Juice drink… Dis ‘n regte Maandag – grou en blou en nat en koud…so, hier’s dan maar ‘n hêppie prentjie vir ‘n opkikkerinkie…mag jou dag ook hêppie en magic raak!
Tags: dans, Gummi Bear, magic, spanbou, Sponge Bob
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.
September 10, 2008 at 6:14 nm
Dis nou hoeka Boendoe se avatar wat my na hierdie post gelok het. Ek kry juis hierdie week die Gummie bears (7) dvd’s vir kleinding!
September 10, 2008 at 6:37 nm
Welkom welkom! Neem my aan ’seblief?! ;o)
September 11, 2008 at 5:55 vm
Cebella, dis so cool dat jy wil hê ek moet jou ook aanneem!! Kom ons gaan sommer volgende week hof toe om dit te finaliseer!!