pedofiel…pedofoes…en tussendeur bly die lewe maar woes
Die afgelope tyd is daar nogal baie kommentaar oor die “toestand” van die jeug. As die een nie Samorai speel nie, dan maak hulle ‘n sogenaamde sletlys bekend. Die televisie het die afgelope tyd darem baie tyd en energie aan die bekendmaking van hierdie “fenomeen” spandeer. Is dit regtig so uniek en is dit regtig so nuut? Ek glo nie…
Destyds in die laerskool is ons behoorlik bang gemaak vir swart motors met getinte vensterruite en vreemde mense wat op die buitewyke mag rondstaan. Jy’t gestap laat dit bars om by die volgende plek te kom, “want as jy stadig genoeg stap kan ‘n kar stadig verby ry en jou inboender”?!!! Dit was veral erger in die tyd van Gert van Rooyen en sy trawante, want ‘n familielid van hulle (in ons dorp) se dogter was byna die volgende target. Daar was natuurlik ook die boekie “Hou kop en sê nee” en al die bangmaakstories van vreemde oproepe, diep asemhaling aan die anderkant van die lyn ensovoort, ensovoorts, ensovoorts. Ek het nietemin die huis soos ‘n fort gesluit en gepoep vir vars lug.
So met al die dinge in gedagte sien ek toe op die televisiestukke dat ‘n bekende kletsnetwerk (die einste selfoon ene) geblameer word vir die verspreiding en bevordering van pedofilie en kinderpornografie. Is dit net hierdie tipe netwerke se skuld? Ghmmm ek twyfel weer. Is dit nie ook maar die toeganklikheid van alles deesdae nie? Selfone is vrylik beskikbaar en word vinnig uitgepluk om ‘n foto of video te neem. Die spoed waarteen kinders daar sleuteltjies slaan is reeds verstommend – wat nog te sê van al die funksies wat hulle so maklik kan gebruik! Daar is tog sekerlik nie ‘n Nanny program op selfone se internetdele nie? Daar is tog sekerlik nie ‘n manier hoe ouers kan keer dat kinders aan geweld, pedofiele, pornografie etc blootgestel kan word nie…selfs al word die selfone afgevat is ‘n pal s’n mos altyd naby…en ek is seker sussie sal ‘n kabaal opskop as sy ‘n stokou pre-internet foontjie moet gebruik.
Ek kry hedendaagse ouers bitter jammer. Daar is net geen manier hoe hulle teen die invloede en beskikbaarheid van tegnologie kan skop nie. Die goed wat gister-aand op Special Assignment gewys is, is niks minder as skokkend nie…en ek was al naby al daai plekke in my lewe! Goeie genade…
Lees ook elders van ander se menings hieroor
(..en iets oor kinderveiligheid…http://www.kindersafe.co.za/aboutus.htm)
Tags: kinders, kletsnetwerk, selfone, sletlys, tegnologie
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.
September 22, 2008 at 6:45 vm
baie baie waar woorde die.
September 22, 2008 at 2:17 nm
…en die programme op TV raak net erger en erger
November 2, 2008 at 4:07 nm
iemand het vandag vir die hoeveelste keer “pedofilie” en foto gesearch! nee man mense