Verkeersdepartement se nuutste “brain wave”

‘n Tydjie gelede het ek ‘n lelike rellie met ‘n groentjie-verkeersman afgetrap toe hy die oorsaak van my ongeluk was. Dis natuurlik afgemaak as “jong vrou – wat weet sy”, ensovoorts, ensovoorts. Gelukkig kon ek my onskuld bewys het.

Hier in ons dorp is daar soggens verskeie dienspunte, maar die manne in blou is in hiberneer “mode”. Die een staan en sms, een sit in sy privaat motor, een staan met sy hande in sy sakke en ‘n ander se reënjaskappie hang oor die oë. Vanoggend ry ek agter een van die nuutste toevoegings tot die verkeersdepartement se vloot – gevul met drie lede. Nou ja…as jy die dorp se verkeersligte ken, weet jy dat die lig rooi slaan en onmiddelik ‘n pyltjie na links gooi…en daar staan ons spietkopkar toe doodstil. Met my vooroordeel en geskiedenis in-ag-genome gee ek toe ‘n ligte “kry jou ry”-toet. Drie paar oë het my doodluiters aangegluur en toe eers trek DIE KAR weg. Party mense het ook baie tyd vir bolletjie rol…

Daar is natuurlik ook die storie dat hulle jou kan toesluit vir uitstaande boetes…lees meer daaroor

Vanaand lui magoed en vertel van ‘n ding wat nou in die Paarl gebeur. Gisteraand na 12 het ‘n kennis se man huis toe gery en in ‘n padblokkade in die Hoofstraat beland. Spietkop se kind vertel toe dat hy moet blaas en dat die nuwe tegnologie ‘n uitslag binne ‘n uur en ‘n half kan uitskop. Ek glo nie altyd alles nie en is nie so seker van die “net enetjie” nie, maar nou ja…die man moes sy kar afskakel en vir ‘n halfuur lank sit en wag…dís darem nou magsmisbruik as ek al sulke nonsens gesien het! Wat maak ‘n mens as jy vrou-alleen in die middel van die donkernag daar moet sit? Bestaan daar nou regtig sulke kontrepsies?

Explore posts in the same categories: Afrikaans, Uncategorized

Tags: , , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

7 Comments on “Verkeersdepartement se nuutste “brain wave””

  1. Sonkind Says:

    Cebella, as ek mag vra – waar is jou dorp? ;-)

  2. Neil Kroese Says:

    ja so sal dit ook beslis nie beter raak nie…en dan is daar mense wat an die korrupte spul die mag te gee om oor lewe en dood te besluit deur die doodstraf terug te bring? I dont think so….

  3. cebella Says:

    welkom sonkind! jong…ek woon in die Boland …as ek die dorp noem kom skiet die bliksems my seer sekerlik

  4. Sonkind Says:

    Ek woon ook in die Boland – dis hoekom ek gewonder het.

  5. cebella Says:

    he he he…kom ons sê maar net dis ‘n mooi ou dorp ;o)

    en elders lees ek toe dié raak:

    http://www.dieburger.com/Stories/News/18.0.868933169.aspx

  6. boendoe Says:

    Ek’s vir ‘n spietkop so bang soos die houtjie van die galg. Omdat my lisensie drie jaar gelede gesteel is en ek nooit die nuwe een gaan haal het nie… So, nou sit ek my donkerbril op, gespe my gordel vas en sit my beste “staatmaker van die gemeenskap-look” op as ek die dag in die pad val! Tot dusver werk dit… :roll:

  7. cebella Says:

    oh hel…jy sal moet ligloop….nee kyk as jy my nou sou raakloop sou jy my nie as die moerige tipe kon eien nie – oftelwel ek is altyd vriendelik en sulke stront…maar die sekonde ná die stamp, was ek soos ‘n viswyf…en die man wat in my vas gery het het dit ook ontgeld…tot my spyt…was vermoedelik erg hormonal ook…sedertdien ry ek nie in daardie straat af nie, want netnou loop ek die stamper of die spietkop weer raak…eish


Comment: