Dis vandag die herdenking van een van die mees berugte dae denkbaar in die moderne tyd. Ek onthou nog die gevoel van absolute skok – gevul met afgryse. Ons het die televisieberigte oor en oor en oor gekyk. Dit was onwerklik om te sien hoe die skaduwee agter verby die gebou vlieg en woeps daarin vasvlieg – soos ‘n warm naald deur ‘n gesweerde toonnael
Waar was jy op 9/11?
Explore posts in the same categories: Uncategorized
This entry was posted
on September 11, 2008 at 7:12 vm and is filed under Uncategorized.
You can subscribe via RSS 2.0 feed to this post's comments.
Tags: 9/11, herdenking, vliegtuig
You can
comment below, or
link to this permanent URL from your own site.
September 11, 2008 at 8:12 vm
Ek was vasgevang as die transport “ouditeur” op die M5 tussen die N1 en Claremont in ‘n Toyota Stasiewa met bokse vol vislisensie aansoeke van die MArine and Coastal MAnagement proses beheer deur twee ouditeursfirmas
Sjoe….bekvol
toe ek die woord daaroor op die radio hoor die middag teen 3pm…toe weet ek daar kom groot kakkerlakke
September 11, 2008 at 12:05 nm
Dis soos Prinses Di se dood, ek sal nooit vergeet waar ek was toe ek uitgevind het nie. Met 9/11 was ek by die werk. Ons het met groot oe die tv’s dopgehou. My broer het ook verjaar. Ek onthou ek het vir hom ‘n soentjie (lippies) ge-sms. Snaaks hoe elke detail van daardie dag my bybly.
September 11, 2008 at 2:03 nm
By beide Prinses Di se ongeluk en 9/11 was ek heeltemal vasgevang in die oomblik – het ure na die tv gestaar, koerantartikels gelees…die Huisgenoot gelees! ons eie land se dinge het nie altyd dieselfde effek nie…
Pagoda…so jy’s duidelik iemand om te ken as mens visliksens soek ;o)