die ding van ‘n troeteldier


Ek was nog klein toe ek deur een van my baba-albums blaai en foto’s van girls in nare 70’s outfits sien hurk by ‘n werpsel mopshonde (pugs). Dis toe een van hierdie hondjies wat toe later my ouer boetie sou word en per ongeluk deur Ma se vriendin dood gery is – honde hap mos graag na motorbande…of so iets… in elk geval… Ek het jare daarna vir magoed gevra vir nog so ‘n hond…en een Sondagoggend na kerk, sit Klong op die mat! Dit was in my standerd 3-jaar. Dit was kennelik die slimste hond – al stry jy ook met my! Hy’t soggens op die toilet se deksel gaan sit as Pa skeer en geblaf as daar perde op die televisie verskyn het – net perde. As die winterkoue te veel was, het hy voor die verwarmer gaan sit en blaf. As jy te lank gedraai het, het hy die knoppie self probeer aan trap…

Nou ja..Klong (pa se enigste seun) het die Groot Trek na ‘n ander dorp, my tienernukke, “futtup” boyfriends en my swottings meegemaak. Ek wou hom op my troue as “ringdraer” inspan, maar teen daardie tyd was hy al oud en kranklik en vol pyne. Dis erg as jou grootste aanhanger en vertroueling so agteruit begin gaan…dis naar om te aanskou…nou ja…as ek eendag groot is, wil ek weer een hê

Explore posts in the same categories: Afrikaans

Tags: , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

4 Comments on “die ding van ‘n troeteldier”

  1. boendoe Says:

    Moeder. Ek is regtig nie ‘n troeteldier-lover nie, maar dit klink of Klong darem regtig uitsonderlik was. :wink:


  2. Ai pragtig. Jy kan my hart wen met ‘n woef. Kry vir jou weer een as jy kan.

  3. cebella Says:

    hy’s bo aan my lys :wink:


Comment: