simboliek wat mens laat sidder

‘n hele paar jaar gelede het ons ‘n show by die KKNK gaan kyk in een van die weermag se sale…in die voorportaal was ‘n anit-plaasmoorde uitstalling wat jou laat dink het aan een van daai politiek partye wat eintlik ‘n skandvlek op my bevolkingsgroep se naam is…wel volgens my en omdat ek die eerste keer van die party gehoor het toe hul leier in sy groen onnie parade het – soos die keiser van ouds…en dan was daar die perd insident ook…vandag was daar weer ‘n artikel in Die Burger se By oor die einste lot en hul volgelinge…as jy hulle website google, word jy gegroet deur die bekende wapen en dan skitter-knipoog ‘n arend vir jou…wat is dit met die arend?!  Die VSA se kentekens en wapens is besaai met arende en dan het ou Hitler sy knape ook daarmee “gelei”.

Volgens die net is ‘n arend met ‘n dubbele kop die simbool van “secular and ecclesiastical authority”.  Die arend word ook met die vryemesselaarsbeweging verbind. Selfs in ‘n Vermeer-werk word dié simbole bespeur “The light hanging above the artist is crowned by a double-headed eagle, symbol of the Habsburg dynasty which since the 16th century had governed the seventeen provinces of the Netherlands that appear in the map on the end wall (and which still governed the southern provinces).”…

Ek dink hierdie tipe simbole van skerp kloue, oë wat alles raaksien en skerp, moordende bekke kan enige mens die skrik op die lyf jaag…maar nou ja…I don’t get it…nie die simbool nie en ook nie die rede waarom sulke organisasies bestaan nie…peace brother

Explore posts in the same categories: Afrikaans

Tags: , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

Comment: