Blink Stefaans in ‘n Bentley, Ferrari of ‘n Rolls Royce
Om die een of ander rede het ek ‘n liefde vir ou motors – regte antieke motors. As ek hulle op die pad “raak ry”, kan ek nie help om te staar nie. Ek weet natuurlik niks van ou motors (of enige motor “for that matter”) se binnegoed, perdekrag en petrolverbruik nie…mooi bly egter mooi. Ek twyfel egter of ek met so ‘n ou kar oor die weg sal kan kom. ‘n Vriendin stel dit so mooi…jy sal die kar moet dryf…soos ‘n lorrie. Ek het darem te gewoond geraak aan my motor se kragstuur…en dít na jare se bokwa-ry!
Johan Rupert se versameling word in Franschhoek gestoor en ook uitgestal. Die motors (oud én nuut) is op die Franschhoek Motor Museum se webwerf beskikbaar – om na te kyk en om na te luister! Jy kan die “engine” so ‘n bietjie “rev”…probeer gerus ‘n Ferrari of twee
Tags: Bentley, Ferrari, motor., museum, Rolls Royce
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.





September 16, 2008 at 10:40 nm
dryf soos ‘n lorrie? nie daai DB 4 nie! (dis die plat groene langs die ferrari)
September 17, 2008 at 9:12 vm
Ja ek dink jy is reg, of dryf soos ‘n trekker. Daar is ‘n paar motors op Matjiesfontein ook, maar jy het hulle seker al beloer.
September 17, 2008 at 2:49 nm
Goed…die Ferrari dryf seker nie soos ‘n lorrie nie
Ek was nog net een keer per trein op Matjiesfontein se stasie, maar as daar ou motors is, sal ek manlief op kommandeer!