die lewe in kleur
Ek hou van kleurvolle kunswerke – veral van dié uit die Impressionistiese, Post-Impressionistiese en Ekspressionistiese era’s. Daar is net iets omtrent die kleur gebruik en die lewendigheid van die werke wat my oog vang. Ons almal ken die werke van Vincent van Gogh en het al iewers die werke van Renoir of Monet gesien – op kaartjies, kalenders en plakate. Dit bly vir my half kinderlik mooi.
Dan is daar ook die werk van ons eie kunstenaars soos Maggie Laubscher en Irma Stern. Ek het nooit werklik vatplek aan Maggie se goed gekry nie, maar Irma (1894 – 1966) se paintings was heeltemal iets anders. Sy het in Duitsland studeer en die invloede van die Ekspressioniste oral rondom haar gehad. Sy het later terug gekom na Suid-Afrika toe, maar het wyd gereis op soek na inspirasie…Madeira, Dakar, Senegal, Zanzibar, Congo, Sentraal-Afrika en Frankryk. In 1926 is sy na Swaziland en Pondoland en in 1933 na Namakwaland. Sy het reekse in 1943 in die Congo en van Zanzibar in 1948 geskilder. Beslis ‘n geïnspireerde kunstenaar. Gaan soek gerus nog van haar werke op…soos in die geval van Van Gogh is haar kunswerke ‘n bietjie duur vir die gewone ou se sak…
…dit bring my by ‘n lewendige Suid-Afrikaanse kunstenaar genaamd Vernon Swart. Dié wat vandag se koerante onder oë gehad het, sou ‘n voorsmakie van sy werke gehad het. Dis heeltemal anders en donker…maar mooi bly steeds mooi – half asof uit ‘n vergete era – hauntingly mooi
“And my aim in my life is to make pictures and drawings, as many and as well as I can; then, at the end of my life, I hope to pass away, looking back with love and tender regret, and thinking, ‘Oh, the pictures I might have made!’”
Vincent van Gogh, 19 November 1883
Like this:
This entry was posted on September 21, 2008 at 2:31 nm and is filed under Afrikaans, boeke, geskiedenis, kuns, mooi, Uncategorized. You can subscribe via RSS 2.0 feed to this post's comments.
Tags: Dakar, Duitsland, Ekspressionisme, Frankryk, Impressionisme, Irma Stern, kleur, kuns, lewe, Madeira, Maggie Laubscher, Namakwaland, Senegal, Spanje, Van Gogh, Vernon Swart, Zanzibar
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.






September 22, 2008 at 8:51 vm
Ek hou ook baie van kleur en Irma se werke is baie mooi!
Nou het ek ‘n liefde ontdek vir Portchie se goedjies! Ek neul vir een
Ek is ‘n groot Claerhout “fan” maar sy werk het onbekostigbaar geword.
Ek het nie eers van Vernon Swart geweet nie, ek is mal verlief op sy “A-Last-Resort”
Lekker inskrywing
September 22, 2008 at 11:45 vm
ja-ja irma stern, jy was seker al by haar huis in hier die kaap. jinne dit is ‘n mooi plek, sy was voorwaar ‘n interessante mens wat wyd gereis het. is het die oulikste goed in daai huis wat sy orals versamel het.
ek is ‘n helse groot munch-aanhanger en dit was net geluk, dat ek verlede jaar in Basil was toe het hulle ‘n uitstalling net van sy werk. dit was ongelooflik. 40 euro gekos om in te gaan maar dit was dit werd. wens ek kan dit weer sien!
September 22, 2008 at 2:21 nm
Ek het al vir Portchie ontmoet en is mal oor die kleurvolle en kinderlike element in sy werke…ook Frans Groenewald se werk is (wat’s die woord?) spitsvondig, kleurvol en “happy”
Ek was nog nie by Irma se woonplek nie, maar as ek eendag die kans kry sal ek beslis die pad soontoe aandurf. Ek het wel ‘n tyd terug na die Rupert Museum op Stellenbosch gegaan waar daar Irma Stern, Le Corbuseur en sulke ouens se werke ten toon gestel word – hemels! Hulle ruil elke 18 maande die kunswerke van die onderskeie stoorruimtes en gallerye…as ek maar ook ‘n biljoenêr was
September 22, 2008 at 3:15 nm
Ja ek ken sy werk, my suster het van dit. Ek hou van “donkerder” goed. Meer ernstiger emosie.
Ek is gek na Lucian Freud se werk. Ag daar is so baie, as ek ‘n biljoener was
sou ek beslis van sy goed besit het.
Ek hou ook van Jane Alexander. Ag, jammer ek praat sommer deurmekaar. Maar alles pop nou in my kop op.
As jy lief is vir Irma se werk moet jy na haar huis gaan as jy kan, dit is baie naby UCT. Regtig amazing, behalwe die kuns in die huis is die goed wat sy versamel het verstommend.
Die Rupert museum is nice.
September 22, 2008 at 3:22 nm
ek sal vir Freud en Alexander moet opsoek. My kop slaan nou toe. kan ‘n skielike warm dag ‘n mens se brein so “fry”? lekker deur die mis vandag