vermiste kinders

Ek onthou destyds hoe bang ons was dat Gert van Rooyen en sy makkers ons sou vang.  Deesdae is daar baie ander gevalle waarvan ons nie eens weet nie.  Kinders word omgekoop met ‘n lekkertjie of met die belofte van geld en speelgoed. Kinders is te naïef en vertrou volwassenes soms te maklik. Dis dán wanneer hulle ontvoer word of wanneer al die nare dinge gebeur. Daar is darem ook sukses verhale

Indien jy bereid is om te help om verlore of vermiste kinders op te spoor, gaan loer gerus by Missing Children of by SACMEC in.

Doen dit vandag:

Bêre…

  1. ‘n paar hare
  2. kleur die handpalm in en maak vinger- of handafdrukke op ‘n skoon papier
  3. ‘n onlangse foto
  4. tandmuistande
  5. ‘n lys van maats, telefoonnommers van maats, gunsteling speelplekke

in ‘n koevert en in ‘n veilige plek.  Dit kan later baie handig te pas kom.

As ‘n kind verdwyn:

  1. Skakel dadelik die polisie
  2. Moenie items soos vuil klere uit die kamer verwyder nie.  Die reuke kan snuffelhonde help om ‘n dwalertjie op te spoor.
  3. Haal dadelik die koevert uit.  Indien nodig, kan die foto gebruik word om “flyers” te maak en om in die buurt te versprei.
Explore posts in the same categories: Afrikaans

Tags: , , , , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

5 Kommentaar op “vermiste kinders”

  1. Wipneus! Says:

    Hi Cebella

    Gelukkig is my kinders nou groot! Ek het ‘n hewige vrees vir die ding!!!

    Die Gert van Rooyen storie sal seker altyd by mense spook!

    Jou vakansie kruip nou vinnig nader nê!!!

  2. Zee Says:

    Cebella, ek het ook so rukkie terug oor min of meer die onderwerp geskryf. Gaan loer gerus waar mens hierdie “kit” kan bestel. Ek dink dit is regtig die moeite werd..
    http://zee3.wordpress.com/2008/08/14/100-id-a-kid/

  3. Skoor Says:

    Terrible dat dit OOK nog aan aandag gegee moet word in die woeste wereld waarin ons loop.

    Maar miskien het ‘n ouer wat hier lees, vandag bietjie gestop en gedink oor dinge.

    Wenk: sny genoeg hare af, want die SAPD sal tien teen een die samples verloor!

  4. cebella Says:

    ek stem Skoor! As ek kyk na die hoeveelheid sake wat opgeneuk word, vermoed ek hulle moet eerder almal drie aande ‘n week CSI kyk. Dalk leer die manne dán iets :wink:


  5. With the up coming 2010 Fifa it is a fear that the flood of overseas guest will also increase the crimes that can be committed with children. Just the other day I saw an Indian mother leaving her 3 year old daughter at the big screen TV in hi-fi corporation in Springfield park while she goes on shopping in the store. Does she not have a brain was my first thought.

    I walked up to this mother and started fighting with her explaining how irresponsible she is leaving her child. She laughed and said: “She will be find nothing will happen”

    People should be warned!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.