lyk

Ek woon oorkant ‘n lykshuis – een van daai waar die lyksbesorger se gesin ook in dieselfde gebou woon. Die kinders dra konstant swart en hulle velle is bleek. Die een lyk soos ‘n karakter uit ‘n gewilde cartoon vir volwassenes en die ander een begin darem nou ander kleure by die swart inwerk…soos kaki en charcoal
Ek het vroeër ‘n insetsel op die nuus gesien waar daar met ‘n Australiese brandweerman gesels is. Hulle is besig om die dorpe wat deur die brande verkool is te fynkam vir lyke. Dis om te keer dat mense op ontbindende lyke sal afkom as hul na hul tuisdorpe sou terugkeer. Aaklig! Dis soos ‘n tipe Pompeii…
‘n Mens wonder altyd oor die psige van ouens wat met lyke werk. Eet hulle vleis of is hulle vegetaries? Eet hulle tamatiesous en goeters soos niertjies en lewer of gril hulle daarvoor? Watter tipe drome droom hulle? Nagmerries of drome van die een of ander Happy Valley? Wat gaan in hul koppe aan? Hoe kry ‘n mens die “stomach” vir so ‘n tipe werk? Moenie my verkeerd verstaan nie…ek het baie respekte vir iemand wat so iets kan doen.
Wonder hoe kom ek toe op Vrydag die 13de by dié onderwerp uit?
Tags: bleek, dood, lyk, lykshuis, psige, spook
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.