steek

Ek was gister by toe iemand deur ‘n by gesteek is.  Dis nie die eerste keer dat die einste man gesteek is nie.  Sowat ‘n maand gelede is hy gesteek en het sy oë begin toe swel.  Die dokter het toe vir hom ‘n Redipen gegee – so ‘n noodspuit wat in die been ingeslaan moet word.   Gelukkig was die gedoente gister naby en kon hy vinnig gehelp word…

by

In Amerika is daar mense wat bye juis vir hul gif aanhou. Dit word as ‘n vorm van akupunktuur beskou en het onder andere ‘n vrou met Multiple Sklerose gehelp. Dit skei ‘n stof in die liggaam af wat die verlammende effek van die siekte teen werk.  ‘n Vriendin werk as ‘n byeboer in Amerika en trek saam met die seisoene om vrugteboorde te bestuif.

Die simboliek agter bye het te doen met produktiwiteit, wysheid en gehoorsaamheid of dissipline. Dit word ook gekoppel aan koninklikheid en jare gelede is koninklikes met goue bye begrawe. Napoleon het blykbaar dikwels die by op sy uitrustings laat borduur – as simbool van onverganklikheid en opstanding – wou seker immortal wees…die fleur-de-lis was moontlik eens ‘n by… Die Vrye Messelaars (Freemasons) gebruik ook die by en bykorf in hul simbole.

So as jy enige van die bogenoemde kenmerke bevat, maak die by jou persoonlike simbool.

PSA:  Tolla het ‘n storie oor goggas so lekker gestorie…

Explore posts in the same categories: Afrikaans, geskiedenis, mooi, simboliek

2 Kommentaar op “steek”


  1. dis ‘n classic storie! :lol:


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.