cheers

cheers

 

Dis al nege jaar sedert ek die eerste keer by “my acre of Africa” ingestap het.  Die eerste ding wat my getref het was die gesellige atmosfeer in ‘n vertrek wat terug dateer na vervloë tye – so oud dat selfs my oupa se grootjies moontlik hier gekuier het…

 

Dis die plek waar ek en manlief gestop het op ons eerste date en waar ons ure om gesels het saam met vriende.  Dis die plek waar ons so ‘n ruskansie tussen die troufoto’s deur wou neem en toe ingenooi is vir ‘n “heildronk” of twee – trourok en al! 

 

So stap ek gister weer by my bekende acre in.  Die gesegde “the more things change, the more they stay the same” kom by ‘n mens op as jy daar instap na maande van eie dinge doen en jou eie lewe lei.  Dieselfde krokodiljagter-omie sit in die hoek – op dieselfde stoel en met die shades van sy bril opgeklap. Dieselfde eienaar groet jou soos ‘n ou kennis en dieselfde banke nooi jou in vir ‘n gesellige wintersmiddag saam met vriende…wat is dan nou lekkerder!

Explore posts in the same categories: Afrikaans

Tags: , , , ,

You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.

2 Kommentaar op “cheers”

  1. Emil Says:

    Dis lekker kuier daar!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.