boetie koop petunias

Onse munisipaliteit is vreeslik in die nuus oor eiendomsbelasting wat met vreeslike persentasies gestyg het. In teenstelling met die “nood vir verhogings” ry die burgemeester met ‘n slap, swart Merc – op die agterseat soos ‘n wafferse TV ster!
Ek weet steeds nie waarom nie, maar die einste munisipaliteit het onlangs besluit om ‘n stukkie middelman te versier met Petunias. Lieflike bosse roosmaryn is uitgeruk en vervang met reghoekige gate, toe geharkte reghoeke, gevulde reghoeke, reghoeke met stene om en ten laaste rye en rye petunias – perses en geles. Dit lyk sommer koekerig – soos iets uit ‘n 1980′s tydskrif op my tannie se koffietafel.
In ieder geval het ons toe vanaand ‘n lekker impromptu kuiertjie gehad. Dit gesels land en sand – van hoek tot kant en voor ons ons oë kon uitvee was dit reeds 01:50! Tyd vir kuiergas se huis toe neem en so ‘n vinnige draaitjie deur die dorp. Met die terugkom gewaar ons ‘n swart kat op die stoep en ry sommer ter stonds verby…verby die kuierplekke met die flitsende ligte en metalic groen Yaris (registrasienommer lui LETHAL-WP), verby bekende swerwers op ‘n keffie se stoep en verby die kroeë waar die locals uithang…en toe kom ‘n brandweerlorrie van voor af aangery…Natuurlik moet ‘n mens mos ondersoek instel en ons draai af in Petunialaan, waar ‘n kleiner noodvoertuigie staan en ligte flits so op sy eie…by nadere ondersoek het ‘n motor deur die middelman geploeg…lekker gekletter, maar hy’s okay…was Ma se kar…oooo…om gegooi van jaag…deur die een bedding, ander kant uit en verder tot in die volgende bedding in…Mamma was blykbaar baie ontsteld
Explore posts in the same categories: Afrikaans
Tags: mercedes, munisipaliteit, petunia, reghoek, roosmaryn
You can comment below, or link to this permanent URL from your own site.
Julie 18, 2009 at 10:42 vm
ha ha ha, ooo ja nou onthou ek…LMGA @ petunialaan…
Julie 20, 2009 at 12:32 nm
Petunialaan is seker goedkoper.